Spring griep vry hierdie winter deur ’n griepinspuiting te kry


Winter is hier, en daarmee saam die griep. Om griep te hê kan lei tot ’n ligte geval van ‘nie heeltemal gesond voel nie’ en om ligte sinussimptome (soos ’n loopneus) te hê tot ernstige komplikasies soos longontsteking en brongitis. Hoekom dan die kans waag dat u kan siek word, as u ingeënt kan word?

Die griepinspuiting is die beste verdediging teen griep

Al het u verlede jaar die griepentstof gekry, moet u dit weer kry. Mens het elke jaar ’n nuwe inenting nodig omdat die griep elke jaar verander en die entstof mens net teen die betrokke jaar se griepstam beskerm. Die entstof berei mens se immuunstelsel voor vir die betrokke jaar se griep. U sal óf glad nie griep kry nie, óf 'n ligter weergawe van die griep kry as wat u sou gekry het as u nie ingeënt was nie.

Waarom u beskerming nodig het

Dit is maklik om die vroeë stadiums van griep met ’n verkoue te verwar. Griep is ’n ernstiger virus. ’n Verkoue gee u ’n loopneus en ’n padda in die keel, onderwyl seisoenale griep vinnig baie ernstig kan raak. Dit kan tot lewensgevaarlike komplikasies soos longontsteking lei of dit kan bestaande gesondheidsprobleme vererger.

U dekking vir die griepinspuiting

Dit is hoe Remedi vir die griepentstof betaal:

U kwalifiseer elke jaar vir een seisoenale griepentstof uit die Siftings- en Voorkomingsvoordeel indien u ouer as 65 is of indien u vir een van die volgende chroniese toestande geregistreer is:

  • Asma
  • Brongiëktase
  • Hartversaking
  • Kardiomiopatie
  • Chroniese obstruktiewe longsiekte
  • Chroniese niersiekte
  • Koronêre-arteriesiekte (kroonslagaarsiekte)
  • Diabetes (tipe 1 en 2)
  • MIV

Lede wat jonger as 65 is, wat nie vir enige van die bogenoemde chroniese toestande geregistreer is nie en wat op die Omvattende Opsie is, kan steeds ’n griep inenting kry wat uit die Persoonlike Mediese Spaarrekening gedek sal word, waar van toepassing.

Let asseblief daarop dat ons nie uit die Siftings- en Voorkomingsvoordeel vir die toediening van die entstof betaal nie. Ons betaal slegs vir die entstof. Ons kan uit u dag-tot-dag-voordele vir die toediening betaal. Maar daar is goeie nuus! Sommige apteke sal die entstof toedien sonder enige koste. Vind gerus by u plaaslike apteek uit.

Om die griepinspuiting te kry kan lewens red! Oorreed u vriende en familie ook om ingeënt te word.