Uitslag van die Remedi maatstafontleding

Willis Towers Watson, een van die wêreld se voorste adviesmaatskappye, het Remedi onlangs teen ander mediese skemas vergelyk. Hulle het ’n vergelyking van die bydraes en voordele van die volgende skemas, met oop en beperkte lidmaatskap, gedoen:

  • Skemas met oop lidmaatskap: Discovery, Bonitas en Sizwe mediese skemas
  • Skemas met beperkte lidmaatskap: Bankmed, Netcare, Wooltru en SA Breweries (SAB) mediese skemas

2017 se voordele en bydraes is gebruik, asook die jaarverslag van die Raad vir Mediese Skemas vir 2015/2016.

Demografiese en finansiële besonderhede

Die tabel hier onder vergelyk die demografiese en finansiële inligting van Remedi en die ander sewe mediese skemas wat deel uitmaak van die normaanwyserontleding. Die inligting is uit die Jaarverslag van 2015 tot 2016 geneem wat deur die Raad vir Mediese Skemas gepubliseer is. Die demografiese inligting is soos op 31 Desember 2015 en die finansiële resultate is vir die jaar 2015.

  Remedi Discovery Bonitas Sizwe Bankmed Netcare Wooltru SAB
Demografiese inligting                
Getal hooflede 20 849 1 267 877 295 488 52 317 107 553 17 682 9 890 9 795
Begunstigdes 46 815 2 691 852 654 384 125 366 216 262 38 614 19 520 21 969
Verhouding begunstigdes 2.2 2.1 2.2 2.4 2 2.2 2 2.2
Gemiddelde ouderdom (begunstigdes) 29 32.9 31.6 32.7 30.4 29.1 29.5 29.1
Verhouding pensionarisse (+65) 4.70% 7.80% 6.20% 7.80% 7.30% 3.60% 5.50% 4.70%
Finansiële inligting                
Risikobydrae-inkomste R1 369 R1 240 R1 345 R1 532 R1 321 R1 338 R1 202 R1 256
Netto gesondheidsorg spandering R1 239 R1 068 R1 265 R1 353 R1 273 R1 319 R1 139 R1 192
Nie gesondheidsorg spandering R83 R157 R143 R170 R106 R68 R103 R96
Netto gesondheidsorg effek R47 R16 R-63 R9 R-58 R-49 R-41 R-32
Sleutel-verhoudings                
Gesondheidsorg spandering as % van risikobydrae-inkomste 90.50% 86.10% 94.10% 88.30% 96.40% 98.60% 94.80% 94.90%
Nie gesondheidsorg spandering as % van risikobydrae-inkomste 6.00% 12.60% 10.60% 11.10% 8.00% 5.00% 8.60% 7.60%
Netto gesondheidsorg effek as % van risikobydrae-inkomste 3.40% 1.30% -4.70% 0.60% -4.40% -3.70% -3.40% -2.50%
Solvensiekoers 72.30% 26.00% 26.10% 46.80% 42.50% 34.30% 65.00% 80.30%
Lidmaatskap groei 3.30% 3.00% -0.60% 3.20% 7.50% 3.10% 5.90% 3.30%
Getal voordeel opsies 3 15 7 5 6 1 3 2

Opsomming van uitslae

Vir die doel van hierdie vergelyking is ’n voordeelopsie gekies binne elk van die normaanwyserskemas wat die naaste is aan elk van die drie Remediopsies ten opsigte van voordele en bydraes. Die volgende opsies is toe gebruik vir die normering:

Opsie Remedi Discovery Bonitas Sizwe Bankmed Netcare Wooltru SAB
Top opsie Comprehensive Classic Comprehensive Classic Full Benefit Comprehensive Netcare Savings Extended Comprehensive
Middel opsie Classic Classic Delta Saver Complete Affordable Care Traditional Netcare Savings Plus Comprehensive
Laagste opsie Standard Keycare Plus Primary Gomomo Care Basic Netcare Savings Core Essential

Die tabel hier onder wys hoe sewe ander mediese skemas teen Remedi vaar (Beter of Slegter as Remedi):

  Discovery Bonitas Sizwe Bankmed Netcare Wooltru SAB
Comprehensive              
Hospitaalvoordele Beter Slegter Slegter Slegter Slegter Beter Slegter
Voordele vir medisyne Beter Slegter Slegter Gelykstaande Slegter Slegter Slegter
Alledaagse voordele Beter Slegter Beter Slegter Slegter Beter Slegter
Bydraes Slegter Slegter Slegter Beter Beter Slegter Beter
Classic              
Hospitaalvoordele Beter Beter Beter Beter Beter Beter Beter
Voordele vir medisyne Slegter Slegter Slegter Beter Slegter Slegter Slegter
Alledaagse voordele Beter Beter Beter Beter Beter Gelykstaande Beter
Bydraes Beter Slegter Slegter Slegter Slegter Beter Slegter
Standard              
Hospitaalvoordele Beter Beter Beter Beter Beter Beter Slegter
Voordele vir medisyne Gelykstaande Beter Slegter Gelykstaande Nie vergelykbaar nie Beter Nie vergelykbaar nie
Alledaagse voordele Beter Nie vergelykbaar nie Gelykstaande Slegter Beter Slegter Nie vergelykbaar nie
Bydraes Slegter Slegter Slegter Slegter Slegter Slegter Beter
  • Remedi se Omvattende opsie (Comprehensive Option) is soortgelyk in koste aan die ander normaanwyserskemas en bied oor die algemeen beter hospitaal-, medisyne en alledaagse voordele.
  • Remedi se Klassieke Opsie (Classic Option) kos minder as meeste gelykstaande opsies, maar dit word opgeweeg teen die alledaagse en hospitaalvoordele wat minder is.
  • Remedi se Standaard Opsie (Standard Option) is prysgewys kompeterend, maar dit word opgeweeg teen die hospitaalvoordele wat minder is.