By Remedi het u dekking vir verligtingsbehandeling

Het u geweet mediese behandeling kan genesend of verligtend wees? Die meeste van ons weet van genesende behandeling want dit is hoekom ons gewoonlik dokter toe gaan; ons wil hê hulle moet ons help om gesond of genees te word. Verligtingsbehandeling (palliatiewe sorg) is sorg wat daarop gemik is om mense gemaklik te hou, hul families te ondersteun en simptome te beheer, veral as hulle ’n lewensbeperkende siektetoestand het. Hierdie twee tipes sorg is ewe belangrik en Remedi bied aan lede dekking vir genesende én verligtingsbehandeling.

Almal maak saak: dis waarom ons oor verligtingsbehandeling skryf

World Hospice and Palliative Care Day vind elke tweede Saterdag in Oktober plaas. Hierdie jaar is die 100ste herdenking van die geboorte van die stigter van die moderne hospiesbeweging, Dame Cicely Saunders. Sy het besef dat verligtingsbehandeling ’n spesialiseringsveld is, en het die eerste navorsings- en opleidingshospies gestig, waar kundige pyn- en simptoombeheer, deernissorg, opleiding en kliniese navorsing bymekaar gebring is.

Niemand wil daaraan dink dat ’n familielid ’n lewensbeperkende siektetoestand kan opdoen nie. Dit is egter belangrik om te weet dat sorg beskikbaar is en dat u toegang daartoe het. Verligtingsbehandeling behels gewoonlik meer as om net vir die pasiënt te sorg; dit help ook die familie.

Kanker en Remedi se Addisionele Palliatiewe Sorg Voordeel (Advanced Illness Benefit)

Die Advanced Illness Benefit bied aan lede met gevorderde kanker toegang tot omvattende verligtingsbehandeling wat gehaltesorg in die gemak van hulle eie huis bied, met die minimum ontwrigting van hul normale roetine en gesinslewe. Die dokter wat u behandel moet u vir die voordeel registreer.

Verligtingsbehandeling word verskaf deur ’n multidissiplinêre span, waaronder opgeleide dokters en verpleegsters in vennootskap met die Hospice Palliative Care Association of South Africa.

Benewens die standaard voordele en Voorgeskrewe Minimum Voordele het lede wat op die voordeel geregistreer word ook toegang tot:

  • Ondersteuning van ’n toegewyde sorgkoördineerder
  • Verpersoonlikte, noue sorg (beradingsdienste)
  • Omvattende tuisgebaseerde sorg, soos suurstof, pynbeheer en tuisverpleging
  • Gespesialiseerde telefoniese steun.

U dokter moet u registreer vir dekking uit die Addisionele Palliatiewe Sorg Voordeel
Om te registreer, moet u dokter die Advanced Illness Benefit-aansoekvorm invul en dit na AIB@discovery.co.za e-pos. Die aansoekvorm is op ons webwerf by www.yourremedi.co.za beskikbaar, onder Application forms.