Digitale gesondheidsorg


Die vernuwingsontploffing in digitale gesondheidsorg sal binne die volgende paar jaar dokters se werkslading asook algehele gesondheidsorgkoste verlaag. Dit sal diagnosering versnel en die wyse waarop geneeskunde gepraktiseer word, herskep – wat biljoene rande sal bespaar.

Toekomstige gesondheidsorgtegnologie kan pasiënte bemagtig om verantwoordelikheid te neem vir hul gesondheid en dokters en versorgers in staat stel om bykans oombliklik in te gryp omdat persoonlike, drabare toestelle gesondheidsinligting intyds monitor en deurstuur.

Bring pasiënte en gesondheidsorgverskaffers deur tegnologie bymekaar

Remedi se administrateur, Discovery Health, streef daarna om die funksies van Discovery se toepassing vir slimtoestelle voortdurend te verbeter sodat u die beste gebruik van u gesondheidsplan kan maak – gerieflik.

Tans kan Remedi-lede tred hou met hulle voordele, eise indien en ’n gesondheidsorgverskaffer vind deur Discovery se toepassing vir slimtoestelle te gebruik. Discovery Health verbeter die funksies van die toepassing voortdurend sodat u binnekort met u dokters kan kommunikeer wanneer u dit die nodigste het, en terugvoer kan gee oor u diensverskaffers. Dit bevorder die terugvoerproses, wat u help om beter ingeligte besluite te neem.

Die HealthID-toepassing word reeds deur 3 000 gesondheidsorgverskaffers gebruik, wat die kwaliteit verbeter van die gesondheidsorg wat u ontvang.

Ons glo dit bring voordele as u (en die gesondheidsorgbedryf) bemagtig is deurdat ons u tersaaklike inligting gee. As u u toestand beter verstaan en meer weet van die beste behandelingsplanne wat beskikbaar is, kan u beter keuses maak.

Wees op hoogte van u voordele waar u ook al is

U kan Discovery se toepassing vir slimtoestelle by die App Store of Google Play aflaai.