Hou in 2019 ’n ogie op jou gesondheid

Voorkomende siftingtoetse is belangrik om seker te maak dat enige mediese toestande vroeg opgespoor word sodat jy die beste behandling kan kry.

Watter toetse die Siftings- en Voorkomingsvoordeel dek

Die Siftings- en Voorkomingsvoordeel dek ’n groep basiese voorkomende siftingstoetse vir elke lid elke jaar. Jy moet al die volgende toetse op dieselfde tyd laat doen by 'n gesondheidsorgverskaffer in Discovery se Wellness-netwerk:

  • Bloedsuiker
  • Bloeddruk
  • Cholesterol
  • Liggaamsmassa-indeks (BMI)

Ons betaal slegs vir een groep toetse uit die Siftings- en Voorkomingsvoordeel. As jy die toetse op verskillende dae laat doen, betaal ons slegs vir die eerste eis. Jy sal self moet betaal vir toetse wat nie op die eerste dag gedoen word nie óf, afhangend van jou voordeelopsie, kan ons vir die ekstra toetse uit jou beskikbare dag-tot-dag-voordele betaal.

Dis gerieflik om die toetse by ’n welstanddag (Wellness Day) te laat doen

Jy kan ook al die toetse by ’n welstanddag by jou werkgewer se kantore laat doen. Remedi en jou werkgewer werk saam om welstanddae te reël om dit vir jou gerieflik te maak. Gesondheidsorgkundiges doen die hele groep toetse op die dag. Jou uitslae laat hulle toe om jou gesondheidsrisiko te identifiseer. Jy kry later ’n verslag oor jou gesondheidsgewoontes en -risiko’s, asook riglyne oor dinge wat aandag nodig het.

Ekstra siftingstoetse

Ons dek ook die koste van die volgende siftingstoetse (slegs die toetskodes) tot en met Remedi se tarief uit die Siftings- en Voorkomingsvoordeel. Hierdie toetse word nie by welstanddae gedoen nie. Daar is beperkings op hoe gereeld ons vir ’n siftingstoets betaal:

  • Mammogram: Een elke jaar
  • Papsmeer: Een elke jaar
  • Toets vir prostaat-spesifieke antigeen (PSA): Een elke jaar
  • Seisoenale griepentstof: Een elke jaar vir lede wat ouer as 65 is en vir lede wat geregistreer is vir sekere chroniese toestande (op die Voordeel vir Chroniese Siektes).

Kontakbesonderhede

Vir meer inligting kan jy ons by 0860 116 116 bel of www.yourremedi.co.za besoek.