Registreer by die Sentrum vir Diabetes en Endokrinologie vir omvattende sorg vir diabetes

Lede wat op die Remedi Omvattended Opsie is, het toegang tot die Cardiovascular Diabetes Education Programme wat deur die Sentrum vir Diabetes en Endokrinologie (CDE) aangebied word.

Diabetes-bestuur is 'n spanpoging

Geen enkele persoon of gesondheidsorgkundige kan vir u al die sorg bied wat u nodig het om u diabetes te bestuur nie. Om u diabetes doeltreffend te bestuur, is dit noodsaaklik dat u 'n dokter, dieetkundige, verpleegkundige wat diabetes-opvoeding verskaf, voetheelkundige, en 'n oogsorgspesialis raadpleeg, om maar 'n paar van die lede van die diabetes-span op te noem. Dit is hoekom die CDE se Diabetes Management Programme 'n spanbenadering volg.

Remedi en die CDE verskaf omvattende sorg

Die Diabetes Bestuursprogam bied:

  1. Toegang tot spangebaseerde diabetes-sorg
  2. Toegang tot 'n verpleegkundige wat diabetes-opvoeding verskaf sonder enige koste vir u of u Mediese Spaarrekening
  3. Konsultasies met 'n CDE-geakkrediteerde diabetes-dokter (sonder bybetalings)
  4. Diabetes-opvoeding, -mentorskap en afrigting
  5. Jaarlikse konsultasie met 'n CDE-geakkrediteerde dieetkundige
  6. Al die belangrike laboratoriumtoetse vir diabetes
  7. 'n Bloedglukosemeter en strokies om self te toets
  8. 'n Verbeterde medisynelys vir diabetes-medisyne, gegrond op kliniese behoefte
  9. Ondersteuning deur 'n diabetes-spesialis aan die dokter wat u behandel
  10. Verwysing vir voet- en oogsiftingstoetse

Verder bied ons gereelde diabetes-opleiding op alle vlakke van sorg aan ons CDE-geakkrediteerde gesondheidsorgkundiges; sodoende verseker ons dat u die beste behandeling moontlik ontvang.

Slegs Remedi Omvattende Opsie lede kan registreer om aan die Diabetes Bestuursprogram deel te neem.

Vir meer inligting kan u die CDE by 011 053 4400 skakel (Maandae tot Vrydae, 08:30 tot 16:30) of 'n e posboodskap aan Members@CDEDiabetes.co.za stuur, en hulle help u met graagte. U kan ook toegang kry tot die aansoekvorm vir lede of u kan dit aflaai deur op die volgende skakel te klik