Die waterkrisis

4 wenke oor hoe om na u gesondheid om te sien tydens die droogte

Ons het water nodig om gesond te wees. As u in die stad woon, is dit maklik om water as vanselfsprekend te aanvaar totdat die damme begin leegloop. Om mense in die droogtegeteisterde gebiede van Suid Afrika te ondersteun, werk versigtig met water selfs al woon u nie daar nie. Suid-Afrika is juis een van die 30 droogste lande in die wêreld. Om u te help, het ons ’n paar wenke saamgestel oor hoe om na uself om te sien wanneer daar nie baie water beskikbaar is nie.

1. Hou aan om water te drink

Volwassenes behoort omtrent twee liter water ’n dag te drink. Moenie probeer om water te spaar deur minder water te drink nie. U het water nodig om u liggaamstemperatuur konstant te hou, kos te verteer en u bloed aan die vloei te hou. U kan toets of u gehidreer is deur die vel op u hand op te lig. Dit behoort dadelik weer te sak. Indien die vel ’n driehoekvorm behou, drink meer water.

2. Was u hande terwyl u water spaar

’n Belangrike deel van gesond bly is om u hande met seep te was. Was u hande nadat u by die badkamer was, gehoes of genies het, nadat u met troeteldiere gespeel het en voordat u met kos werk. Hou water in ’n wasbak om u hande te was of gebruik ’n klam lappie.

3. Oorkom die hitte

In Suid-Afrika gaan droogte gewoonlik gepaard met hitte. U kan ernstig siek raak as u liggaamstemperatuur te hoog is. Kinders en bejaardes is veral gevoelig vir die hitte, maak dus seker hulle bly gehidreer. U kan afkoel sonder om water te gebruik. Dra natuurlike stowwe (soos katoen) en dra ’n hoed om u kop teen die hitte van die son te beskerm.

4. Bly positief

Om u watergebruik te beperk mag voel asof u nie optimaal lewe nie. Fokus egter daarop om positief te bly. Behou kontak met u vriende en familie om u in ’n positiewe luim te hou. As ons almal water bespaar, kan ons dit deur die droogte maak.

Bronne