Superbakterieë

Wat is die bohaai oor superbakterieë?

Voordat daar antibiotika was, het baie mense ernstig siek geraak en selfs doodgegaan weens infeksies wat ons vandag as ’n blote ergernis beskou. Soos byvoorbeeld ’n sinusinfeksie. Met antibiotika kan ons keer dat ’n neusinfeksie na die longe versprei. Superbakterieë word veroorsaak deur bakterieë wat nie deur die gewone gebruik van antibiotika behandel kan word nie – en ons (oormatige) gebruik van antibiotika is een van die redes waarom hulle bestaan.

Hoe superbakterieë gebore word

Om te verstaan hoe ons by superbakterieë uitgekom het, moet ons teruggaan na 1928 toe Alexander Fleming penisillien ontdek het. Hierdie ontdekking was die begin van moderne antibiotika. Hierdie wonderlike mediese deurbraak het daartoe gelei dat operasies veiliger is en dat ons bakteriële infeksies kan genees.

Soos antibiotika meer algemeen geraak het, het sekere bakterieë meer daarmee in kontak gekom. Dit het bakteriële evolusie veroorsaak. Antibiotika maak meeste bakterieë dood, maar die sterkste stam oorleef. Dit raak problematies, want wetenskaplikes is bekommerd dat antibiotika binnekort nie meer gaan werk nie.

Tuberkulose, ons plaaslike superbakterie

Suid-Afrika is een van die lande in die wêreld met die meeste mense wat tuberkulose (TB) het. Ons dokters sien multimiddelweerstandige tuberkulose (waar ten minste een soort antibiotika nie werk nie) en uiters middelweerstandige TB (waar slegs twee of minder soorte antibiotika werk). Aangesien superbakterieë dieselfde simptome as gewone bakterieë het, vind mens moontlik eers uit dat dit 'n superbakterie is as die gewone behandeling nie werk nie.

Waarom is daar ’n superbakterieweergawe van TB? Daar is baie redes, waarvan een is dat mense geneig is om op te hou om medisyne te drink as hulle begin beter voel. Om niemiddelweerstandige TB gesond te maak, moet mens vir 60 dae lank medisyne drink. Selfs as mens begin beter voel, moet al die antibiotika gedrink word om seker te maak geen bakterieë oorleef nie.

U kan help om weerstand teen antibiotika te beveg

Almal kan help om superbakterieë te vertraag of selfs te keer dat hulle begin.

Dit is hoe u kan help:

  • Moenie vir antibiotika vra as u verkoue of griep het nie – antibiotika maak nie virusinfeksies gesond nie, dit werk net vir bakteriële infeksies.
  • Indien antibiotika aan u voorgeskryf word, drink al die pille soos u aangesê word – dit verseker dat al die bakterieë doodgemaak word.

Bronne