Hoe ons lede met MIV/VIGS bystaan


Desember is die vakansie- en feestyd, maar dit is nie al wat dié maand gebeur nie. Wêreld VIGS dag op 1 Desember herinner mense dwarsoor die wêreld om te weet wat hul status is en om die stryd teen die virus voort te sit, of hulle die virus het of nie. Moderne behandeling laat mense met MIV toe om lank en gesond te lewe.

Ons weet dat MIV en VIGS ’n sensitiewe saak kan wees. Dus sal ons nooit sonder u toestemming u MIV-status met enigiemand deel nie. Indien u die toestand het, sal ons bekwame en professionele span u help om toegang tot klinies grondige en kostedoeltreffende behandeling vir u individuele geval te kry.

Die MIVsorg-program

Wanneer u vir die MIVsorg-program registreer, kry u dekking vir die allesomvattende sorg wat u nodig het. Sodra u geregistreer is, betaal die Skema die volle koste van u behandeling mits u ons aangewese diensverskaffers gebruik en u dokter medisyne op ons medisynelys voorskryf. Met ander woorde, sodra u geregistreer is, gebruik u nie u dag-tot-dag-voordele om MIV/VIGS te bestuur nie.

Om vir die MIVsorg-program te registreer, skakel ons by 0860 116 116.

Bron: World AIDS Day. About World AIDS Day; besoek
21 November 2017