Hoe weet jy wanneer dit tyd vir ’n oogtoets is?

Terwyl jy planne beraam vir die nuwe jaar, moet jy ook aandag aan jou oë skenk, of jy ’n bril dra of nie. Jou oë verander stadig soos tyd verbygaan, so jy sal dalk nie eens agterkom dat jy nie meer so goed as voorheen sien nie.

’n Oogtoets is ook belangrik vir kinders want as jy nie op die bord kan sien nie, sal jy nie verstaan wat in die klas aangaan nie. Om te kan sien is noodsaaklik om goed op skool te vaar!

Tekens dat jou oë ’n hupstoot kort

Jy moet dalk ’n oogtoets oorweeg as jy:

  • Sukkel om padtekens of straatname te lees
  • Wasige sig het
  • Nie goed in die aand sien nie
  • Voel dat jou oë die heeltyd moeg is
  • Gereeld hoofpyn het
  • Voel of daar druk agter jou oë is
  • Ligkranse rondom ligte sien
  • Jou oë skeel trek as jy probeer om beter te sien

As jy reeds ’n bril of kontaklense dra, behoort jy minstens elke twee jaar vir ’n oogtoets te gaan om seker te maak dat jou ooghulpmiddels nog steeds by jou oë pas.

Jou dekking vir oogkundige sorg

Ons het ’n vennootskap met Preferred Provider Negotiators (PPN) om jou optiese voordeel te bestuur. Hierdie voordeel betaal vir oogkundige sorg soos oogtoetse, ’n bril (die raam, helder lense en lensverbeteringe) of kontaklense. Vir die beste dekking, besoek ’n oogkundige in die PPN-netwerk. Jy kan ’n PPN-oogkundige op hul webwerf opspoor.

Jou dekking hang van jou voordeelopsie af:

  • Standaard Opsie: Jy het slegs elke 24 maande dekking vir oogkundige sorg mits jy die PPN-netwerk gebruik.
  • Omvattende en Klassieke Opsie: Jy kan ’n oogkundige besoek wat nie deel van die PPN-netwerk is nie, maar ons betaal slegs tot en met hoeveel ons ’n PPN-oogkundige sou betaal. As die oogkundige wat jy besoek meer as ons tarief vra, moet jy self die res van sy of haar rekening betaal.

Vrae om in gedagte te hou wanneer jy jou oogkundige spreek:

  • Wat sal my bybetaling wees as ek duurder rame kies?
  • Sal ’n lensbedekking of lensverbetering die koste van my bril vermeerder?
  • Sal my besoek aan die oogkundige enige bykomende kostes (soos vir ’n bykomende toets of retinaondersoek) behalwe die konsultasiefooi en die koste van die bril of kontaklense hê?

Die voordele het limiete. Om uit te vind watter voordele jy vir oogkundige sorg het, teken aan by www.yourremedi.co.za of Remedi se toepassing vir slimfone, of skakel ons by 0860 116 116.